Waarom skryf ons?

Een van die kern kenmerke van mense wat geloofsvolwasse geword het, is nederigheid. Wanneer jy Jesus volg en Hom leer ken deur die Woord, die Bybel, kom jy tot die besef hoe groot en magtig Hy is en hoe klein en feilbaar jyself is.  Die eie ek skuif in die agtergrond en God se genade word alles, dit kom op die voorgrond.  En tog is dit so dat God gebruik maak van swak en feilbare mense om Sy werk op aarde te doen. Die Bybel is immers vol van sulke verhale.  Moses byvoorbeeld het volgehou dat hy nie kon praat nie en dat God iemand anders moes gebruik om die volk uit Israel te lei. Tog het God hom juis gebruik sodat Sy krag na vore sou kom. Ek het in my eie lewe al gesien hoe God iemand gebruik om met my te praat en Sy wil aan my bekend te maak, partykeer uit baie onverwagse oorde.  Net so kan God my ook gebruik om iewers iemand anders se lewe aan te raak.  En daarom kan ek nie stilbly nie.  Daarom moet ek saam met alle gelowiges aanhou om te praat en te skryf en Sy grootheid en Sy genade bekend te maak.  Dalk is jy vandag iemand wat moet hoor hoe lief God jou het, so lief dat Hy Sy seun Jesus laat kruisig het sodat jy ook kan lewe uit Sy genade.  Jy is belangrik vir God, Hy het jou gemaak met ‘n doel.  Lewe vir Hom en volg Hom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s